Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Die Disleksie Debat

Daar word baie gedebatteer of disleksie n lewenslange toestand is wat gediagnoseer moet word, en of dit eintlik maar net n betekenislose beskrywing is wat aangewend word vir persoonlike voordeel, en daarom stopgesit moet word, s Susan du Plessis, Direkteur van Opvoedkundige Programme by Edublox. Met hierdie twee uiteenlopende uitgangspunte aangaande disleksie, mag dit wees dat ouers van kinders wat sukkel om te lees en te skryf, wonder wat hulle nou eintlik te doen staan. Te midde van die lewendige disleksie-debat, wil Edublox lees en leerklinieke die middeweg voorstel; n oplossing wat hoop inhou dat kinders gehelp kan word om leerprobleme te bowe te kom sodat hulle hul potensiaal kan bereik.

Teen die tyd dat kinders hulle eerste toetse begin skryf is n nuwe skooljaar reeds geruime tyd aan die gang, maar vir baie ouers van leerders wat sukkel om te lees en te skryf is dit juis die begin van kommer oor hulle kinders se opvoedkundige potensiaal. Gaan my kind hierdie jaar slaag? en Ly my kind aan disleksie? en Is disleksie geneesbaar? is sommige van die vrae wat besorgde ouers teister.

Oor die algemeen word disleksie gesien as n tipe leerprobleem wat beteken dat lees en spel moeilik is. Een van die baie aanduiders van disleksie is die omkering van letters, bv. b en d. Alhoewel daar geen betroubare data beskikbaar is nie, reken disleksieverenigings dat omtrent 10% van die bevolking daaraan ly as ons aanneem dat elke kind goeie basiese opvoeding geniet. Oor die algemeen word disleksie ook verstaan as n wanverhouding tussen IK en lees- en spelvermo.

Dis die uiteenlopende sienings oor disleksie wat dit vir ouers so moeilik maak om te weet hoe om hulle kinders te help, s du Plessis. Aan die een kant is daar die groep wat glo dat disleksie n onherstelbare toestand is wat nou maar eenmaal verduur moet word, en aan die ander kant is daar hulle wat s dat die diagnose daarvan volslae tydmors is.

Volgens die Britse Disleksie Assosiasie word mens met disleksie gebore en is die effek daarvan lewenslank. De vereniging, en baie ander, se aanbeveling is dat n disleksie-toets — met koste — gedoen moet word, en hulle gee advies oor hoe om daarmee saam te leef en watter stappe gedoen moet word om toegang te kry tot spesiale studie-toelae en die voordele wat vir gediagnoseerde disleksielyers beskikbaar is.

Professor Julian Elliott van Durham Universiteit in die Verenigde Koninkryk en Professor Elena Grigorenko van Yale Universiteit in die VSA sien disleksie uit n ander oogpunt, nl. dat die diagnose daarvan eintlik maar min waarde het. In hulle boek, The Dyslexia Debate skryf Elliott en Grigorenko: Ouers word mislei deur aannames dat n disleksie assessering streng-wetenskaplik is, en dat n diagnose sal aandui watter vorm van behandeling die beste sal wees. Elliott is bekommerd oor die immer stygende aantal mense wat met disleksie diagnoseer word. Disleksie, reken Elliott, is n term wat laat vaar moet word aangesien dit, volgens hom, meer verwarring as duidelikheid veroorsaak.

Du Plessis is begaan oor beide hierdie uiteenlopende standpunte. Sy waarsku dat Elliott se benadering te radikaal is. Dit is ondenkbaar om vir ouers te vertel disleksie bestaan nie, of dat ons moet ophou praat daaroor. Aan die ander kant is dit onnodig om te betaal vir duur diagnostiese toetse terwyl die kind met leerprobleme se eerste prioriteit eintlik opvoedkundige ondersteuning is.

Edublox beskou nie disleksie as n lewenslange toestand nie. Ons is egter bekommerd daaroor dat kinders wat die disleksie-etiket ontvang soms toegelaat word om hoop op te gee op hulle potensiaal, want dit kan hulle diagnose verander in n kruk, n verskoning om op te hou leer of tou op te gooi wanneer hulle te staan kom voor moeilike begrippe. Dis jammer dat sommige kinders vertel word dat, omdat hulle dislekties is, hulle altyd sal sukkel om te lees. Dis eenvoudig nie waar nie, verduidelik du Plessis. Ons het honderde suksesverhale wat bewys dat leesprobleme deur kognitiewe opleiding en baie aanmoediging oorkom kan word. n Kind moet nooit voel hy of sy het die stryd teen n disleksie-diagnose verloor nie — dit help nie die kind, die ouers of die onderwysers nie.

Du Plessis s n disleksie-toets behoort die laaste uitweg te wees. By Edublox is ons benadering die middeweg waar dit kom by die polimiek aangaande disleksie. n Diagnose moet slegs gemaak word wanneer uiters noodsaaklik, en ook net as n tydelike maatrel om die leerder te help om die graad te slaag. n Kind met ernstige leerprobleme wat met disleksie gediagnoseer is, mag baat vind by ekstra tyd om eksamen te skryf, of om n leser te h wat mondeling die vrae vra. Van groter belang is om kinders te help om leervaardighede te bemeester sodat hulle daartoe in staat is om hulle opvoedkundige potensiaal te bereik, s du Plessis.

Alhoewel die debat om disleksie gaan, is die leergestremdheid-etiket ook n probleem. Ons moenie praat van kinders met leergestremdhede nie, s du Plessis. By Edublox sien ons elke kind se potensiaal raak en ons verander leer-onvermo in leervermo. Met die regte kognitiewe opleiding en onderrig in lees, skryf en wiskunde kan kinders hulle volle opvoedkundige potensiaal bereik.

Edublox lees- en leerklinieke bied multi-sensoriese kognitiewe opleiding wat gerig is op die ontwikkeling en outomatisering van die grondvaardighede van lees, spel en wiskunde.