| Tuisblad I Meer Oor Ons I Suksesverhale I Artikels I 'Franchise' I Kontak Ons |
|
Tuisblad |
Wat is Disleksie?liefe mama en papa mei hart is daje seer di kiners by die skool lag vi mei omlat ek sikel om te lees en skreiv. ek wil ni meer skool toe gan ni help mei asdlief stevan
Stefan is nie onintelligent nie. Om die waarheid te sê, volgens die evaluasies van verskeie sielkundiges is sy IK bo-gemiddeld. Maar, net soos miljoene ander kinders dwarsoor die wêreld het Stefan 'n leerprobleem, wat veroorsaak dat hy sukkel op skool. Sommige kinders se leerprobleme is so ernstig dat die kind se prestasie in byna elke vak op skool geraak word. Ander leerprobleme is weer meer gerig op 'n bepaalde vak, soos byvoorbeeld wiskunde-probleme. Van al die leerprobleme wat by kinders voorkom — en wat beslis 'n negatiewe uitwerking op die kind se prestasie in alle skoolvakke het — skyn leesprobleme die mees algemene te wees. Daar word trouens dikwels gesê dat 70% van alle leerprobleme aan leesprobleme toegeskryf kan word. Sommige navorsers is van mening dat hierdie persentasie selfs hoër is en dat onder "leergestremd" eintlik "leesgestremd" verstaan moet word. Daarom is 'n spesifieke term, "disleksie", geskep om na dié soort probleem te verwys. Daar bestaan baie onsekerheid oor die presiese betekenis van die term "disleksie". Dit is miskien een van die redes waarom sommige mense ontken dat dit bestaan. Mens hoor dikwels ouers was sê: "My kind het 'n leesprobleem, maar hy is nie dislekties nie." Dit is dus nodig om te verduidelik wat met die term bedoel word. Die term "disleksie" is saamgestel uit twee Griekse woorde wat beteken "swak lees". Dit is al wat onder die term verstaan moet word en niks meer nie, behalwe dat spel en skryf, as gevolg van hulle noue verband met lees, ook daarby ingesluit word. Tweedens is dit belangrik om enkele aanduidings te gee van hoe disleksie herken kan word. In die meeste gevalle is dit heel eenvoudig om te identifiseer sonder om die toevlug te moet neem tot allerlei "diagnostiese" toetse. Enige ouer wat enige van die simptome, wat hieronder beskryf word, in sy of haar kind opmerk, behoort te weet dat die kind onmiddellik hulp nodig het:
Sommige kinders slaag daarin om vir 'n lang tyd hul onvermoë om te lees weg te steek. Hulle vra die ouer om vir hulle 'n bladsy voor te lees, en dan "lees" hulle dit daarna. Wat in werklikheid gebeur, is dat hulle die stukkie memoriseer terwyl die ouer dit lees, en dan herhaal hulle dit eintlik volgens geheue. Dit is eers later, wanneer die leeswerk wat hulle moet doen, te veel word om suksesvol te memoriseer, dat hulle onvermoë om te lees openbaar word. By Edublox word leesprobleme of disleksie hokgeslaan! |