Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Disleksie: Simptome, Tipes, Oorsake,
Behandeling en Meer

Sal jy asseblief in leketaal verduidelik wat disleksie is?

Die term "disleksie" is saamgestel uit twee Griekse woorde wat "swak lees" beteken. Spel en skryf, as gevolg van hulle noue verband met lees, word gewoonlik ook daarby ingesluit.

Die outydse (en dalk nog populre) siening is dat disleksie n fisiese versteuring in die brein is wat veroorsaak dat inligting verkeerd verwerk en genterpreteer word, wat dan lei tot leesprobleme. Histories is die disleksie-etiket toegeken aan leerders wat n gemiddelde tot n bogemiddelde IK het, en ten spyte van "voldoende" leergeleenthede n ernstige leesagterstand het. Kinders wat sukkel met lees, wie se IK laag is, se leesprobleme is toegeskryf aan hulle intellektuele beperkinge.

Dan is daar bepaalde simptome:

  • Een van die mees ooglopende en mees algemene tekens is omkerings. Kinders met hierdie soort probleem verwar dikwels letters soos b en d, wanneer hulle lees f wanneer hulle skryf, of hulle lees (of skryf) woorde soos "rot" vir "tor" of "een" vir "nee".
  • 'n Ander besliste teken is weglatings, dit wil s wanneer 'n kind soms "staf" lees of skryf wanneer die woord eintlik "straf" is.
  • Die kind wat baie stadig of huiwerig lees, wat hakkelrig lees, woord vir woord, of wat aanhoudend sy plek verloor, en dan hele stukke uitlaat of dieselfde rel twee keer lees.
  • Hy mag probleer om die letters hardop te klank, maar kan dan nie die regte woord s nie. Hy mag byvoorbeeld die letters "k-a-t" klank, maar dan die woord "koud" s.
  • Die kind mag die letters van 'n woord in die verkeerde orde lees of skryf soos "snik" in plaas van "niks", of die lettergrepe verkeerd om soos "emelent" in plaas van "element", of woorde in die verkeerde volgorde soos "daar is" in plaas van "is daar".
  • Hy mag woorde spel soos wat hulle klink, soos "sienkie" pleks van "seuntjie".
  • Hy mag met swak begrip lees, of miskien min onthou van wat hy lees.
  • Hy het dikwels n swak of baie stadige handskrif.

Omdat daar verkeerdelik geglo is dat die brein onveranderlik is, is daar histories ook geglo dat disleksie "ongeneeslik" is: "Dyslexia is like alcoholism...it can never be cured" (Clark, M., & Gosnell, M., "Dealing with dyslexia," Newsweek, 22 March 1982, 55-56.)

Om bewustheid vir disleksie te skep het ondersteuningsgroepe begin om die idee te verkoop dat disleksie veral genie affekteer. Einstein, Leonardo da Vinci, Thomas Edison, Walt Disney, Winston Churchill, Hans Christian Andersen en baie ander beroemdes was sogenaamd dislekties. Die storie is soveel keer herhaal dat dit vandag as n feit beskou word. Terwyl dit waar is dat daar bekende mense is wat dislekties is/was, word dit oordryf en was nie een van die bogenoemde persone dislekties nie (sien https://edubloxtutor.com/famous-people-who-were-probably-not-dyslexic/).

Teen die draai van hierdie eeu het nuwe metodes dit vir wetenskaplikes moontlik gemaak om in die brein te sien en het dit geblyk dat die brein plasties is: https://www.edubloxsa.co.za/neuroplasticity-an-extraordinary-discovery-of-the-twentieth-century/. Nuwe verbindings of herbedrading tussen neurone kan vorm en die interne struktuur van die bestaande sinapse kan verander. Nuwe neurone word ook voortdurend gebore, veral in die leer- en geheue-sentrums. As jy n kundige op n sekere gebied raak, dan groei die deel in jou brein wat daarmee te make het. Of, as n persoon breinskade aan die linkerkant van die brein opdoen, wat gewoonlik die taalsentrum van die brein is, kan die regterkant van die brein daardie funksies oorneem: www.cnn.com/2011/HEALTH/05/05/brain.plasticity.giffords/

Met fMRI-skanderings ensovoorts is nou bevestig dat daar wel (soos altyd geglo is) verskille is tussen die breine van dislektiese persone en mense wat goed kan lees. Maar dieselfde verskille word ook by swak lesers met n lae IK waargeneem, wat daarop dui dat IK nie n geldige maatstaf vir die diagnose van disleksie is nie: https://www.edubloxsa.co.za/dyslexia-isnt-a-matter-of-iq-brain-imaging-study-shows/

Mens moet ook in gedagte hou dat n neurologiese verskil nie n neurologiese gestremdheid impliseer nie! Ons weet nou ook daar is verskille tussen die breine van mense wat jongleer ("juggle") en mense wat nie jongleer nie, en tussen die breine van mense wat n musiekinstument bespeel en mense wat nie n musiekinstument bespeel nie, ensovoorts (sien weer https://www.edubloxsa.co.za/neuroplasticity-an-extraordinary-discovery-of-the-twentieth-century/). Dan is dit mos logies dat daar ook verskille tussen die breine van persone sal wees wat kan lees en persone wat sukkel met lees!

Edublox se beskouing, gebaseer op die die nuutste navorsing, is dat disleksie nie n gestremdheid is nie, maar bloot n onvermo (dis nie n disability nie, maar n inability), en dat dit oorkom kan word as mens die oorsaak daarvan aanspreek. Terwyl daar ander oorsake is, is die mees algemene oorsaak van disleksie dat die vaardighede wat lees en spel ten grondslag l, nie na behore ontwikkel is nie.

Leer vind trappie vir trappie plaas. Jy moet eers een ding kan doen voor jy n volgende kan bemeester.

Hierdie beginsel, dat leer n laagsgewyse gebeure is, kan aan die hand van enige sportsoort, soos byvoorbeeld yshokkie, verduidelik word. Voordat n persoon yshokkie kan speel, moet hy eers leer om baie goed te skaats. Nadat hy geleer het om vorentoe te skaats, moet hy ook leer om agteruit te skaats en om binne n oogwink te kan stop of van rigting te verander. Wanneer hy hierdie vaardighede so goed bemeester het dat hulle ast ware geoutomatiseerd geraak het, is hy gereed vir die volgende vlak, naamlik om al die elemente, waaruit yshokkie bestaan, te bemeester. Dan kan hy begin leer om die rubberskyf met sy yshokkiestok te beheer, om dit uit te gee en te skiet, en om sy opponent te stamp of te skouer. Nadat hy al hierdie vaardighede bemeester het en intussen ook die rels van die spel geleer het, kan hy begin om hierdie vaardighede in die spelsituasie toe te pas.

Net soos wat daar n verskeidenheid van vaardighede is wat n voorvereiste vir yshokkie is, so is daar n verskeidenheid vaardighede waarop lees berus en wat n kind moet baasraak voor hy kan leer lees, anders gaan hy leesprobleme h.

Disleksie is dus die gevolg van dieperliggende probleem. By Edublox doen leerders (1.) breinoefeninge om die grondvaardighede waarop lees (en spel) berus te oefen en te verbeter, en dan word daar ook (2.) aktief aan lees, spel en leesbegrip gewerk. Edublox verskaf ook tuisprogramme met dieselfde oogmerke.


Praat mens van n dislektiese of n disleksiese persoon?

Die korrekte woord is dislekties. Sien www.akademie.co.za/articles/180/taalkompas: "Die volgende voorbeelde dui aan dat naamwoordsuffikse en adjektiwiese suffikse kan verskil en soms verkeerd gebruik word: Hy is dislekties, nie disleksies nie. Die naamwoord is disleksie. Dieselfde probleem kom voor by anorekties, nie anoreksies nie. Die uitgeteerde meisie is anorekties, sy ly aan anoreksie of anorexia of anorexia nervosa."


Hoe lyk disleksie?

Hieronder is die handskrifte van n Graad 1-leerder, n Graad 4-leerder en n volwassene persoon, almal met n ligte graad van disleksie:

Disleksie


Wat is die emosionele impak van disleksie?

Disleksie word dikwels as baie verwarrend en frustrerend beleef. Die lyer kan hoogs intelligent wees en vakinhoude ten volle verstaan, maar vanwe die probleem nie in staat wees om toetse en eksamens te slaag nie. Soms is onderwysers nie opgelei om hierdie spesifieke tekortkoming te hanteer nie. Dit gebeur dus dat die disleksielyer binne die skoolstelsel onderwerp word aan vernedering en spot. Dit veroorsaak angs, wat kan lei tot onttrekking aan hierdie situasies, of oorkompensasie op ander gebiede.

In 'n studie oor die emosionele impak wat disleksie op kinders uitoefen, het Janis Edwards bevind dat hierdie kinders hul ontevredenheid met die situasie dikwels wys deur stokkies te draai of te weier om skool by te woon. Hulle vind dit moeilik om te kommunikeer en voel afgesonder en alleen. Gevoelens van mislukking, nutteloosheid en depressie is algemeen. Hierdie gevoelens kom uiteindelik uit in die vorm van gedragsprobleme. Gedragsprobleme sluit aggressiewe optrede en bakleiery, vandalisme, ontwrigting van die klas, vyandigheid jeens onderwysers en so meer in.

Die negatiewe ondervindings waaraan disleksielyers blootgestel word, kan verreikende gevolge h vir hul verdere lewe. Navorsing het byvoorbeeld bewys dat daar 'n noue verband is tussen ongeletterdheid en misdaad. Volgens die VSA se Departement van Onderwys het 85% van alle jeugmisdadigers leesprobleme. In die volwasse bevolking is 60% van alle gevangenes funksioneel ongeletterd, wat beteken dat hulle nie goed genoeg kan lees of skryf om aan die daaglikse lewensvereistes te voldoen nie.


Hoe affekteer dit n persoon se selfbeeld?

n Leerprobleem het byna sonder uitsondering n negatiewe effek op n persoon se selfbeeld, soos wat in die uittreksels uit briewe hieronder waargeneem kan word:

Disleksie


Disleksie


Het jy dalk toegang tot statistieke oor hoeveel mense aan disleksie ly (byvoorbeeld 1 uit elke 100)?

Dit hang van jou definisie af. Die statistieke wissel van 3% tot 40%. Die mees algemene persentasie wat gegee word is 10%. Wat redelik seker is, is dat meer seuns as meisies met leesprobleme worstel: https://www.edubloxsa.co.za/boys-more-likely-to-have-problems-reading/


Jy het verduidelik die mees algemene oorsaak van disleksie is dat die vaardighede waarop lees en spel gebou word, nie behoorlik ontwikkel is nie. Verduidelik asseblief watter vaardighede dit is?

Naas taal, wat die heel onderste bousteen van lees is (mens kan tog net n taal lees wat jy ken), is daar vier boustene of pilare: konsentrasie, persepsie, geheue en logiese denke. Hierdie is almal vaardighede wat vatbaar vir oefening is:

Konsentrasie:

Konsentrasie bestaan uit

  • Volgehoue aandag: Die vermo om vir n lang tyd op dieselfde ding te konsentreer.
  • Selektiewe aandag: Die vermo om gefokus te bly ten spyte van steurings.
  • Verdeelde aandag: Die vermo om twee take gelyktydig uit te voer (amper soos "multi-tasking"). Die Stroop-toets is n bekende toets vir verdeelde aandag: http://www.math.unt.edu/~tam/SelfTests/StroopEffects.html

Persepsie:

Die woord persepsie beteken interpretasie. Kinders word gebore met die vermo om te sien en te hoor, maar nie met die die vermo om dit wat hulle sien of hoor te interpreteer nie. Dit gebeur alleenlik deur leer en ervaring.

Perseptuele vaardighede betrokke by lees en spel sluit in:

  • Visuele diskriminasie van voorgrond en agtergrond, kleur, vorms, groottes en posisie in die ruimte. Wanneer mens lees moet jy ook kan sintetiseer in terme van die bogenoemde, en wanneer jy spel moet jy ook kan analiseer in terme van die bogenoemde.

  • Ouditiewe diskriminasie van voorgrond en agtergrond (i.e. die vermo om aan relevante ouditiewe stimuli aandag te gee en irrelevante stimuli te ignoreer); ouditiewe diskriminasie van klanke (om die verskil tussen "pen" en "pan" te hoor); ouditiewe sintese (om te weet k-a-t spel "kat") en ouditiewe analise (om woorde in lettergrepe te verdeel).

Om dit prakties te maak: Een van die belangrike dinge wat dit moontlik maak om b en d uitmekaar te ken is n geinternaliseerde kennis van links en regs (n posisie in die ruimte perseptuele vaardigheid). As n kind dus nie kan onderskei tussen b en d nie, beteken dit hy interpreteer wat hy sien verkeerd. Hy het n sekere agtergrondkennis nie, en ons moet dit vir hom gee.

Persepsie word ook prosessering genoem. Dr Lee deLorge, n opvoedkundige spesialis in Ohio het bevind dat Edublox prosesseringspoed binne minder as 40 ure dramaties verbeter: https://www.edubloxsa.co.za/research-study-edublox-improves-processing-speed/. Dertien van die 67 studente in die studie was gediagnoseer met disleksie.

Geheue:

  • Visuele geheue: Die vermo om iets te sien en te onthou. Kinders wie se visuele geheue baie swak is, sal sukkel om van die bord af te skryf. As hulle afkyk, het hulle reeds vergeet wat hulle gesien het.
  • Ouditiewe geheue: Om iets te hoor en te onthou.
  • Reeksgeheue: Om dinge in volgorde te kan onthou. n Woordeboek bestaan uit duisende woorde waarvan elke woord anders gespel word. Sonder n goeie reeksgeheue is lees en spel moeilik tot onmoontlik.
  • "Iconic memory": Dit bepaal grootliks n mens se oogspan. Hoe groter jou oogspan, hoe meer letters kan n mens gelyktydig sien en hoe vinniger en gladder sal jy kan lees.
  • Korttermyngeheue: Die retensie van materiaal vir n paar sekondes tot hoogstens n minuut.
  • Langtermyngeheue: Die vermo om dinge vir langer te onthou.
  • Werkende geheue: Dis waar jy iets moet kan onthou en terselfdertyd gebruik en manipuleer, soos wanneer jy n opstel skryf, maar terselfdertyd die spelwoorde moet gebruik wat jy laas week geleer het. Werkende geheue word dikwels die "enjin van leer" genoem, en word vandag deur baie beskou as is n beter voorspeller vir akademies prestasie as n IK-telling.

Navorsing wat onlangs by die JHB Universiteit gedoen is dui daarop dat Edublox visuele geheue en reeksgeheue binne n baie kort tydperk aansienlik verbeter: https://www.edubloxsa.co.za/edublox-research-study-improving-visual-memory-and-visual-sequential-memory/

Logiese denke:

Logiese denke is die proses waardeur n mens redenering konsekwent en deurlopend gebruik om tot n besluit te kom. Probleme of situasies waarbinne logiese denke plaasvind verg struktuur, verbande tussen feite, en opeenvolgings van beredeneringe wat uiteindelik op n sinvolle gevolgtrekking uitloop.

Logiese denke is belangrik vir leesbegrip, spesifiek om dit wat mens lees te integreer met voorkennis, verbande raak te sien en afleidings te maak.


Het jy voorbeelde van disleksielyers wat deur Edublox gehelp is?

Daar is meer as 580 gevallestudies op Edubloxsa.co.za van leerders wat gehelp is om hulle leerprobleme, insluitend disleksie, te oorkom. Hieronder is n voorbeeld van n leerder wat ernstig dislekties was:

Branden was baie gespot by die skool omdat hy nie kon lees en spel nie, en daarom was hy n rebelse seuntjie, vertel Annemarie, sy ma. Sy skrif was baie sleg, en hy het baie min selfvertroue gehad. Hy het sommer net ges hy wens hy was dood sodat hy nie so moet sukkel en gespot word nie. Sulke woorde vir n ouer is hartverskeurend.

Branden is op Ritalin gesit, en het n bril gekry wat deur sy skool aanbeveel is om te probeer help. Maar aan die einde van die jaar is ons ingeroep en meegedeel dat Branden nog steeds baie swak vaar op skool bs en ds is omgeruil, hy kon geen woorde spel nie, en hy kon nie links en regs onderskei nie. Sy konsentrasie was baie swak en daarom het hy gereeld raas gekry by die skool. Hy het nie meer maats gehad nie en wou nie meer skool toe gaan nie, s Annemarie.

Branden, toe 8 jaar en 8 maande oud en in n Graad 2-hulpklas, is by die skool getoets deur die sielkundige en die uitslag was dat hy dadelik in n spesiale skool gesit word:

Bevindings

Al sy tellings was baie ver onder gemiddeld. Al sy punte aan die einde van 2011 was 1s en 2s, s Annemarie.

Radeloos soek Branden se ouers hulp vir sy leerprobleme. Toe die nuwe skooljaar aanbreek stuur hulle hom na n ander, gewone skool toe en skryf hom in vir Graad 3. Die verandering van skool het egter geen effek nie en dit word aanbeveel dat hy Graad 2 herhaal.

Op 20 Januarie 2012 word Branden by Edublox gevalueer.

Essi-Leestoets:

Branden word getoets met die Essi-leestoets, op n Graad 3, eerste kwartaal-vlak.

Van kinders wat die toets doen behaal

4% n stanege van 1 (BAIE SWAK)
19% n stanege van 2 of 3 (SWAK)
54% n stanege van 4, 5 of 6 (GEMIDDELD)
19% n stanege van 7 of 8 (GOED) en
4% n stanege van 9 (BAIE GOED)

Branden behaal n stanege van 1 (BAIE SWAK).

Getoets op n Graad 2, eerste kwartaal-vlak behaal hy steeds n stanege van 1 (BAIE SWAK).

Getoets op n Graad 1, derde kwartaal-vlak behaal hy n stanege van 5 (GEMIDDELD).

Essi-Speltoets:

Branden word ook getoets met die Essi-speltoets, op n Graad 3, eerste kwartaal-vlak en behaal n stanege van 2 (SWAK).

Oorsaak:

Die oorsaak van Branden se lees- en spelprobleme was voor die hand liggend: die grondvaardighede van lees en spel was nog nie geoutomatiseer nie. Eerstens het hy n probleem met rigtingsin gehad. Vir n kind wat probleme ondervind met rigtingsin, sal dit moeilik wees om die posisie van objekte ten opsigte van homself te bepaal, byvoorbeeld regs van my, links van my, agter my, voor my, ens. So n kind sal dit moeilik vind om sekere pen-en-papier take, waarby die bepaling van rigting en posisie nodig is, korrek uit te voer, soos byvoorbeeld skryf jou naam regs bo in die hoek, trek n streep onder die woord ______. Hy mag ook letters soos b en d met mekaar verwar, asook getalle soos 17 and 71, of hy sal dalk van regs na links in spielskrif skryf.

Tweedens het Branden, onder andere, n baie swak visuele en ouditiewe geheue gehad:

Vaardigheid getoets:

Vormwaarneming

Visuele Geheue

Ouditiewe Geheue

Oogspan

Logiese Denke

Persentasie behaal:

82%

48%

50%

42%

33%

SKAAL:
90%-100% Baie goed/Ontwikkeling sal vaardigheidsvlak verder verhoog.
80%-89% Goed/Ontwikkeling sal die vaardigheidsvlak verder verhoog.
70%-79% Gemiddeld/Ontwikkeling word benodig.
0%-69% Ondergemiddeld/Ontwikkeling is noodsaaklik.

Aanbeveling:

Daar word aanbeveel dat Branden vir twee weke uit die skool gehou word en n intensiewe een-op-een kursus by Edublox doen (die kursus strek oor 10 dae, elke dag vanaf 08h00 tot 13h30). Daarna is hy terug skool toe en het twee Edublox-klasse per week bygewoon.

Resultate:

Hier is Branden se skoolrapport aan die einde van Maart 2012:

Prestasievlak:
1
2
3
4
5
6
7
Prestasiebeskrywing:
Ontoereikende prestasie
Basiese prestasie
Matige prestasie
Voldoende prestasie
Beduidende prestasie
Verdienstelike prestasie
Uitmuntende prestasie
Persentasie:
0-29%
30-39%
40-49%
50-59%
60-69%
70-79%
80-100%

Rapport

Op grond van hierdie positiewe rapport en die kwaliteit van sy Edublox-klaswerk word Branden se Edublox-klasse verminder na een klas per week.

Aan die einde van die tweede kwartaal is Branden se skoolrapport ewe positief, maar om te verseker dat hy nooit weer terugval nie is dit noodsaaklik dat hy vir n geruime tyd voortgaan om een Edublox-klas per week by te woon.

Baie, baie dankie vir wat julle vir ons as ouers, maar ook vir Branden beteken het. Julle het vir ons n nuwe, gelukkiger, positiewer en gemotiveerde seuntjie teruggegee. Ons sal julle ewig dankaar wees vir dit. Julle is sommer great!, getuig Annemarie.


Is disleksie ooreflik?

Vele navorsers is van mening dat disleksie n genetiese disfunksie is wat oorgerf word van geslag tot geslag. As ondersteuning vir hierdie siening word vele studies voorgehou wat aandui dat daar dikwels n familiegeskiedenis van disleksie is. Professor Beve Hornsby het byvoorbeeld bevind dat soveel as 85% van disleksielyers n nabye familielid het wat soortgelyke probleme met lees en spel het of gehad het. Volgens een Amerikaanse studie verhoog die risiko dat 'n kind n leesprobleem sal h viervoudig tot dertienvoudig, as een van die ouers ook so n probleem gehad het.

n Mens mag egter nooit vergeet dat statistiese gegewens dikwels niks meer is as omstandigheidsgetuienis nie, en omstandigheidsgetuienis moet altyd genterpreteer word. Ongelukkig kan dit maklik verkeerd genterpreteer word.

Dit is dalk wenslik om n voorbeeld te gee van hoe gevaarlik dit kan wees om gevolgtrekkings te maak op grond van statistieke alleen. Tot n aantal dekades gelede is inwoners in bepaalde dorpe in Suid-Afrika toegelaat om boorgatwater as drinkwater te gebruik. In sommige van hierdie plekke het die boorgatwater veroorsaak dat die inwoners se voortande verkleur het. Behalwe as iemand in die huis valstande gedra het, was almal pa, ma en kinders se voortande gevlek. Trouens, die persentasie van kinders en ouers wat almal gekleurde voortande gehad het, was waarskynlik 100%. Soos reeds aangedui, was oorerflikheid egter nie die oorsaak van die verkleurde voortande nie, maar wel die omstandighede waarbinne die gesinslede geleef het en die unieke omgewing wat hulle gedeel het, in die sin dat almal dieselfde water gedrink het.

Een van die vernaamste besware teen studies oor die oorerflikheid van disleksie is dus dat die statistieke verkeerd genterpreteer word: die voorkoms van disleksie in families word nie noodwendig veroorsaak deur gene nie, maar kan ook veroorsaak word deur die unieke omgewing wat die individue deel.

Dat gene wel n rol speel in menslike vermons en talente word nie ontken nie. Om te bepaal presies hoe groot die rol is wat gene speel en hoeveel die omgewing daartoe bydra, is egter onmoontlik. Neem byvoorbeeld n man soos Mozart, wat een van die briljantste musici van alle tye was. Mozart se hele gesin was musici en vandat hy klein was, is hy blootgestel aan n omgewing waar hy daagliks musiek gehoor het. Gestel nou net dat Mozart direk na geboorte deur ouers aangeneem is wat glad nie musiek gemaak het nie. Sou ons nog vandag geweet het van Mozart se bestaan? Dit is mootlik, maar dit is te betwyfel.

n Laaste vraag wat ons onsself moet afvra: selfs al sou dit wees dat disleksie oorgerf word, bly die vraag nog of n mens gedoem is tot mislukking omdat jy n slaaf van jou gene is, of kan jy leer om dit te oorkom?

By Edublox glo ons dat die kind nie n slaaf van sy gene is nie, maar sy leesprobleme kan oorkom.


Watter raad is daar vir ouers wie se kinders aan disleksie ly?

    a. Byvoorbeeld, benvloed disleksie kinders se gehoorsaamheid?

Beslis. Om opdragte behoorlik uit te voer, veral as dit n reeks opdragte is, benodig n kind n goeie ouditiewe en werkende geheue. Baie kinders met disleksie het juis n swak ouditiewe en/of werkende geheue. Die oplossing l dan daarin om die kind se geheue te verbeter.

    b. Hoe kan ouers hul kind help met bv. huiswerk/take?

Steun op jou kind se sterk punte wanneer jy hom met skoolwerk help. Hy mag byvoorbeeld visueel swak, maar ouditief sterk wees en dan kan jy byvoorbeeld help deur sy werk vir hom voor te lees. Wees egter versigtig om nie al die skoolwerk namens hom te doen nie — alhoewel hy meer hulp mag nodig h as anders kinders, moet hy steeds geleer word om selfstandig te werk.

    c. Watter tipe hulp het kinders met disleksie nodig?

Vanselfsprekend moet daar hulp gegee word, en hoe gouer hoe beter, maar dit moet die regte hulp wees. Die oorsaak moet aangespreek word. As die kind byvoorbeeld n probleem met visuele persepsie en geheue het, help dit nie mens werk aan sy fyn motoriese vaardighede nie.

    d. Hoe ondersteun jy jou kind emosioneel?

Aangesien dit net n onvermo is wat reggestel kan word kan jy as ouer baie positief wees en jou kind help om die probleem te oorkom. Gaan soek hulp wat die oorsaak aanspreek en oplos. Wees altyd bemoedigend en positief en help hom om sy beste te lewer. Onthou, as die regte hulp gekry word, is dit net n tydelike probleem.

    e. Hoe gaan ouers te werk om vergunning by byvoorbeeld die
        onderwysdepartement te kry?

Kinders hou nie daarvan om uitgewys te word as stadige of dom leerders nie. Dit is wat dikwels gebeur as vergunnings toegeken word omdat die kinders uit die klas geroep word om in ander vertrekke eksamen af te l. Dit kan hulle selfbeeld baie skade doen. Die negatiewe etiket laat die kinders baie keer n slagoffer-mentaliteit aanneem, en hulle voel dan heeltemal hulpeloos. Spesiale vergunnings moet die laaste opsie wees as al die ander opsies uitgeput is. Dan kan n verslag van n opvoedkundige sielkundige gebruik word en ouers moet verkieslik saam met die skool werk wanneer aansoek gedoen word.


Watter raad het jy vir onderwysers?

    a. Hoe kan onderwysers n kind met disleksie in die klas akkommodeer?

Onderwysers moet eerstens n begrip h van die probleme wat die dislektiese kind in die klaskamersituasie kan h. Sodoende kan baie misverstande voorkom word, soos byvoorbeeld om die kind te blameer dat hy lui is.

Tweedens, deur n positiewe en bemoedigende omgewing te skep sal 'n dislektiese kind n gevoel van sukses en selfwaarde ervaar.

    b. Moet alle kinders met disleksie in n spesiale klas of skool vir kinders
        met leerprobleme geplaas word?

In uitsonderlike gevalle, as die agterstand baie groot is kan dit moontlik help, verkieslik as n tydelike maatrel totdat die leervaardighede, lees en spel op standaard is.

    c. Wat kan onderwysers doen as hulle vermoed n kind ly aan disleksie?

Dis belangrik om die probleem so gou as moontlik met die kind se ouers bespreek word. Selfs al is dit inisieel n skok, waardeer die meeste ouers n onderwyser se insette. As die probleem laat ontdek word, word die kind se onderwysers dikwels blameer. "Hoekom het sy Graad 1 juffrou my nie ingelig nie?" is n voorbeeld van n tipe klagte wat ek dikwels by ouers hoor.

    d. Is daar spesiale hulpbronne beskikbaar vir onnies wat kinders met
        disleksie in hul klas het?

Deur die spasiring tussen die letters en woorde te vergroot, lees dislektiese kinders gemiddeld 20% vinniger en maak die helfte minder foute (sien www.sciencedaily.com/releases/2012/06/120607105712.htm) Gebruik dus die OpenDyslexic font vir jou dislektiese leerders wat jy gratis kan gaan aflaai by http://opendyslexic.org. Spasieer ook die letters verder uit mekaar wanneer jy byvoorbeeld op die bord skryf.

Daar is baie ander praktiese wenke op die internet te vind wat onderwysers kan implementeer om die lewe makliker te maak vir die kind met disleksie.


Het jy raad vir kinders met disleksie?

    a. Wat kan die kind doen in die klas om soveel moontlik uit die les te put?

Hou moed, bly positief en doen jou bes. As jy hulp kry vir jou leesprobleme, werk so hard as moontlik daaraan want dan sal die probleem gouer opgelos wees.

    b. Hoe hanteer kinders afknouery a.g.v. disleksie?

Maak of jy n eend is — laat dit soos water van jou rug af rol. Want as jy die regte hulp kry, kan jy die toppresteerder in die klas word — en dan kyk die wat jou gespot het lekker op hulle neuse.


Is daar n manier waarop ouers kan voorkom dat hul kind aan disleksie ly (deur byvoorbeeld die bogenoemde vaardighede te ontwikkel)?

    a. Is daar seker mylpale waarvoor ouers kan uitkyk wat lees- en
        skryfvaardighede betref?

    b. Wat kan ouers doen om hul kind te help om di mylpale te bereik?

Edublox bied klasse vir Graad R- en Graad 1-leerders aan wat daarop gemik is om die grondvaardighede van lees, spel en leer te ontwikkel en te outomatiseer, en sodoende disleksie te voorkom. Edublox verskaf ook tuisprogramme met dieselfde oogmerke. Daar is egter baie wat ouers kan doen om di probleem te voorkom:


a. b.

MYLPAAL 1: TAALONTWIKKELING

Navorsing het bevind dat daar n beduidende verband is tussen disleksie en kinders wat laat begin praat het. Volgens Prof Beve Hornsby (Verenigde Koningkryk), een van die groot pioniers in die bewusmaking van disleksie, het 60% van dislektici laat begin praat.

Die kind mag verder stadig wees om nuwe woordeskat aan te leer, hy mag sukkel om die regte woord te herroep, of hulle verkeerd uitspreek: hy sal byvoorbeeld "ysstryker" vir "stykyster" s, of "meelkampperd" vir "kameelperd". Hy mag sukkel om vorms, kleure, dae van die week, maande van die jaar, ensovoorts te leer. Hy mag sukkel met rym.

Tussen nege maande en een jaar s n baba gewoonlik sy eerste woorde. Vanaf omtrent twee jaar behoort hy sy eerste sinne te begin gebruik, en teen drie jaar behoort hy reeds vol sinne te begin praat. Teen die ouderdom van vier behoort hy heeltemal goed te kan praat, alhoewel hy nog bepaalde grammatikale foute mag begaan. Teen vyf behoort hy basiese taal te bemeester het.

OEFEN JOU KIND SE TAAL

  • Praat baie met jou kind benoem dinge, verduidelik wat jy doen en wat hy doen.

  • Lees van kleins af vir jou kind voor.

  • Sing liedjies saam en oefen rympies.

  • Praat op sy ontwikkelingsvlak, nie babataal nie.

  • Maak seker gehoorprobleme word dadelik behandel.

MYLPAAL 2: POSISIE IN DIE RUIMTE

Persepsie van posisie in die ruimte kan gedefinieer word as die interpretasie van die verhouding van n voorwerp tot die waarnemer. Die persoon neem voorwerpe waar as agter, voor, bo, onder en aan sy kante.

Wanneer n kind probleme ondervind met posisie in die ruimte is sy wreld verwronge, hy is lomp en huiwerig om bewegings uit te voer. Hy vind dit moeilik om die woorde in, uit, op, af, voor, agter, links en regs te verstaan. Letters, woorde, sinne, syfers en prente word as verdraai of vervorm geinterpreteer en dit kan hom verwar. Wanneer die kind begin leer lees en skryf sal daar omkerings voorkom soos by b en d, p en q, as en sa, kam en mak, 26 en 62.

Die kind wat aanhou om links en regs met mekaar te verwar, laat is om n dominante hand te vestig, i.e. links of regs, en byvoorbeeld sukkel om sy skoenveters te leer vasmaak, het gewoonlik n probleem met die interpretasie van posisie in die ruimte.

OEFEN POSISIE IN DIE RUIMTE

  • Leer jou kind van kleins af om sy liggaamsdele te benoem: linkerhand en regterhand, linkervoet en regtervoet.

  • Oefen links en regs. Dit duur baie lank om te internaliseer. Jy kan dit nie net een of twee keer s nie dit moet elke dag oor en oor herhaal word.

  • Speel speletjies met begrippe soos op, bo, links, regs, binne-in: "Sit die bal in die boks, gaan kruip agter die boks weg."

MYLPAAL 3: GEHEUE

Navorsing het bevind dat disleksie gepaard gaan met n swak geheue, veral n swak korttermyngeheue. Kinders mag daarom sukkel om veelvoudige opdragte uit te voer, en om n storie in die regte volgorde te vertel of oor te vertel.

n Mens se syferspan word algemeen beskou as n goeie maatstaf van jou korttermyn-geheue. Dit is die aantal syfers wat n persoon in volgorde kan verwerk en herroep nadat hy dit een maal gehoor of gesien het.

Om die ouditiewe syferspan van n kind te toets, s n reeks syfers in n monotone stem, met intervalle van een sekonde. S, byvoorbeeld, 6-1-5-8 en laat die kind dit herhaal. As hy kan, s dan 9-2-4-7-5.

Die kind moet in staat wees om n reeks van vier syfers 75 persent van die tyd korrek te kan herroep met die eerste probeerslag om n ouditiewe geheuespan van vier te h. Dieselfde geld vir n reeks van vyf, ses, sewe en agt syfers.

n Kind van twee behoort behoort n ouditiewe geheuespan van twee te h, n kind van drie behoort n ouditiewe geheuespan van drie h, en so aan. n Kind van sewe en ouer behoort sewe syfers reg te kan onthou.

OEFEN JOU KIND SE GEHEUE

  • Speel geheuespeletjies. Plaas byvoorbeeld objekte op n skinkbord. Begin met net n paar, en laat jou kind daarna kyk vir tien sekondes. Maak die objekte toe en laat jou kind die objekte in die skinkbord opnoem. Sit meer objekte by, soos wat jou kind se geheue verbeter.

  • S n woord, byvoorbeeld "huis". Die kind s "huis". S nog n woord, byvoorbeeld "tafel". Die kind s "huis, tafel". Elke keer word nog n objek bygevoeg en die kind moet die rytjie van heel voor af herhaal.

Kopiereg 2014: Remedium