Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Keer Disleksie S

Hierdie artikel het verskyn in Baba & Kleuter tydskrif, Maart 2012.

Moenie aanvaar dat jou kind se gesukkel op kleuterskool net n fase is nie. Dalk ly hy aan disleksie — en hoe vroer jy ingryp, hoe beter kan jy toekomstige leesprobleme help voorkom.

Het jy geweet sommige kenners reken tussen 10 en 20 persent van alle skoolgaande kinders het disleksie?

Die woord disleksie laat jou waarskynlik dink aan kinders wat hul letters omkeer, maar dit strek veel wyer. Wikipedia beskryf disleksie as n onvermo om te leer lees ondanks voldoende intelligensie en geleenthede.

n Kind wie se leesvaardighede twee jaar agter is, word as dislekties gediagnoseer, s Susan du Plessis van die Edublox-lees-en-leerkliniek. Daar is niks met dislektiese kinders verkeerd nie — dit gaan net oor belangrike vaardighede wat die kind nog nie geleer het nie, verduidelik sy.

Alle leesprobleme word egter nie deur disleksie veroorsaak nie, s Sandra Stark van die Rooi Appel-disleksiespesialiste, wat n Afrikaanse diagnostiese toets vir disleksie geskryf het.

Om te bepaal of n leesprobleem disleksie is, pas ons die uitsluitingsbeginsel toe en skakel faktore soos armoede, lae IK en lae sosio-ekonomiese omstandighede uit, asook ander verstandelike of leerprobleme.

n Kind met disleksie het gewoonlik n ho gemiddelde tot baie ho IK.

Lees vorm een van die belangrikste boustene van leer op skool. n Kind wat sukkel om te lees, sal ook sukkel om te leer. Maar seker een van die grootste implikasies van disleksie is dat hierdie kinders dikwels as dom geklassifiseer word omdat hulle sukkel met lees en spel, s Sandra.

Dislektiese kinders is geneig tot baie sielkundige probleme omdat hulle dikwels uit die klas geskuif word. Die ironie is dat die meeste dislektiese kinders uiters begaaf is, multidimensioneel dink en geweldig kreatief is.

Is my kind dislekties?

Jy kan nie n voorskoolse kind amptelik vir disleksie toets nie — dit kan eers van graad 3 af gedoen word. Maar jy kan gewoonlik vroer tekens van disleksie begin sien, s Sandra.

Kinders met disleksie sukkel op vier of vyf om woorde reg uit te spreek omdat hulle dit nie reg hoor nie. n Familiegeskiedenis van leesprobleme verhoog ook n kind se risiko.

Kinders wat laat begin praat het of wat kleintyd weens oorinfeksies tydelik doof was en wie se taalontwikkeling daardeur belemmer is, is ook meer tot disleksie geneig.

By ouer skoolgaande kinders kan die volgende tekens van disleksie wees, s Susan:

  • Omkerings. Kinders met disleksie verwar dikwels letters soos b en d wanneer hulle lees of skryf, of skryf of lees woorde soos rot pleks van tor of een pleks van nee. Dis egter normal om letters om te ruil tot en met graad 2.
  • Weglatings, soos dat hulle staf lees of skryf as die woord straf is.
  • Hulle lees stadig of huiwerig, hakkelrig, of woord vir woord, of verloor aanhoudend hul plek en laat dan die hele stukkie uit of lees dieselfde rel twee keer.
  • Hulle klank die letters hardop, maar s dan die woord verkeerd. Hulle klank byvoorbeeld k-a-t maar s koud.
  • Hulle lees of skryf die letters van n woord in verkeerde volgorde soos snik pleks van niks, ruil lettergrepe om soos emelent pleks van element, of lees of skryf woorde in die verkeerde volgorde soos daar is pleks van is daar.
  • Hulle spel woorde soos dit klink: sienkie pleks van seuntjie.
  • Hulle lees met swak begrip of onthou min van wat hulle lees.
  • Hul handskrif is dikwels swak of baie stadig.

Help dit voorkom

Om disleksie te verstaan, moet jy verstaan hoe kinders leer, s Susan.

Leer vind trappie vir trappie plaas. Jy moet eers een ding kan doen voor jy n volgende bemeester. Daar is sekere grondvaardighede waarop lees berus en wat n kind moet baasraak voor hy kan leer lees, anders gaan hy leesprobleme kry.

1. Oefen sy taal

Taal is die onderste sport van die leestrappie, s Susan. n Kind moet oor taal beskik om te kan lees. Die literatuur wys 50 tot 60 persent van kinders wat voor skool met taal gesukkel het, sukkel met lees. As taal reg ontwikkel, kan jy 50 persent van leesprobleme voorkom.

Wenke

  • Lees van kleins af vir jou kind voor. Vra jou kleuter oor die storie of jou voorskoolse kind om die storie vir jou te vertel.
  • Praat baie met jou kind — benoem dinge, verduidelik wat jy doen en wat hy doen.
  • Praat op sy ontwikkelingsvlak, nie babataal nie.
  • Maak seker gehoorprobleme word dadelik behandel.
  • Sing liedjies saam.
  • Oefen rympies en s dit op.

2. Oefen nie-verbale vaardighede

Die ander 50 persent van leesprobleme het te doen met nie-verbale vaardighede, s Susan. Dit sluit in konsentrasie, perseptuele vaardighede, geheue en logiese denke. As jou kind se taalvaardighede en hierdie vier vaardighede sterk is, sal jou kind goed lees. Werk dus aan hierdie kognitiewe vaardighede waarop leesvermo rus. Disleksie kan so nie net reggestel word nie, maar ook voorkom word.

Persepsie

Elke kind word gebore met die vermo om te sien en hoor, maar nie die vermo om alles wat hy hoor of sien te interpreteer nie, verduidelik Susan. Ons moet deur ervaring leer hoe om te diskrimineer tussen byvoorbeeld vorms, rigting en groottes. Een van die belangrikste dinge wat dit moontlik maak om b en d uitmekaar te ken is n kennis van links en regs.

As jou kind nie kan onderskei tussen b en d nie, beteken dit hy interpreteer wat hy sien verkeerd. Hy het n sekere agtergrondkennis nie, en ons moet dit vir hom gee.

Wenke

  • Leer jou kind van kleins af om sy liggaamsdele te benoem: linkerhand en regterhand, linkervoet en regtervoet.
  • Oefen links en regs. Dit duur verskriklik lank om te internaliseer. Jy kan dit nie net een of twee keer s nie — dit moet elke dag oor en oor herhaal word, s Susan.
  • Speel speletjies met begrippe soos op, bo, links, regs, binne-in: Sit die bal in die boks, gaan staan langs die boks.

Logiese denke

Jou kind moet logies kan dink, redeneer en afleidings kan maak. Dit sal hom help om met begrip te lees, want dan lees hy nie net die woorde terug nie, maar sien vooruit wat gaan gebeur.

Wenke

  • Leer jou kind van oorsaak en gevolg.
  • Bied speelgoed wat die begrip van oorsaak en gevolg versterk.

Konsentrasie

Dis belangrik om te verstaan dat n mens niks kan doen as jy dit nie geleer is nie. n Kind word gebore met n paar reflekse en moet alles leer, van loop tot praat. Net so is konsentrasie n vaardigheid wat geleer en ontwikkel moet word, s Susan.

Wenke

  • Verwag van babadae af dat jou kind vir kort rukkies op iets moet konsentreer en rek die tye geleidelik. Jou baba het n aandagspan van net 2 sekondes, maar teen 6 jaar moet jou kind minstens 20 minute lank kan konsentreer.
  • Laat jou kind n ouderdomstoepaslike legkaart bou. Dit moenie te moeilik wees nie. As sy aandag begin dwaal, moedig hom aan om n bietjie langer aan te hou.
  • Lees stories en maak dit geleidelik langer.
  • Laat jou kind gereeld buite speel. Studies toon kinders wat baie buitespeeltyd het, kan beter konsentreer as huisgebonde kinders, s Susan.

Geheue

Susan onderskei sewe vorms van geheue wat n rol speel in jou kind se leesvermo:

  • Visuele geheue: Die vermo om iets te sien en te onthou. Sommige kinders sukkel om van die bord af te skryf want as hulle afkyk, het hulle al vergeet wat hulle gesien het.
  • Ouditiewe geheue: Om iets te hoor en te onthou. n Kind van twee behoort behoort n ouditiewe geheuespan van twee te h — as jy twee syfers s moet hy 75 persent van die tyd die syfers reg kan terugs, n kind van drie moet n ouditiewe geheuespan van drie h, en so aan. n Kind van sewe en ouer moet sewe woorde of syfers reg kan onthou. n Kind het n ouditiewe geheuespan van ses nodig om te kan lees, s Susan.
  • Geheueopeenvolging: Jy moet dinge in volgorde kan onthou soos die dae van die week, anders gaan jy sukkel met lees en spel. In n boek is duisende woorde en letters en die volgorde daarvan is belangrik om woorde en sinne te vorm.
  • Splytgeheue: Dit hou verband met oogspan en die vermo om woorde wat apart staan te onthou. Elke keer as jy kyk, sien jou oog n paar letters raak. Hoe groter jou oogspan, hoe meer letters en later woorde kan jou kind gelyktydig sien en hoe vinniger en gladder sal hy kan lees.
  • Korttermyngeheue: Die vermo om dinge vir n kort rukkie goed te onthou.
  • Langtermyngeheue: Die vermo om dinge n bietjie langer te onthou.
  • Werkende geheue: Dis waar jy iets moet kan onthou en terselfdetyd kan manipuleer, soos om n opstel te skryf, maar terselfdertyd die spelwoord te onthou wat jy laas week geleer het. Daarsonder gaan jou kind sukkel om enigiets te doen, s Susan.