Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Wat Is Disleksie Regtig?

Die term "disleksie" is saamgestel uit twee Griekse woorde dys en lexis wat swak lees beteken. Die outydse (en dalk nog populre) siening is dat disleksie n fisiese versteuring in die brein is wat veroorsaak dat inligting verkeerd verwerk en genterpreteer word, wat dan lei tot lees-, spel- en skryfprobleme.

Histories is die disleksie-etiket toegeken aan leerders met n gemiddelde tot n bogemiddelde IK, en ten spyte van "voldoende" leergeleenthede n ernstige leesagterstand het. Minder-begaafde kinders se leesprobleme was toegeskryf aan hulle intellektuele beperkinge.

Dan is daar bepaalde simptome:

  • Een van die mees ooglopende tekens is omkerings. Kinders met hierdie probleem verwar dikwels letters soos b en d, of hulle lees of skryf woorde soos "rot" vir "tor."
  • 'n Ander teken is weglatings — wanneer 'n kind "staf" lees of skryf wanneer die woord eintlik "straf" is.
  • Die kind wat baie stadig of hakkelrig lees, woord vir woord, of wat sy plek verloor, en dan hele stukke uitlaat of dieselfde rel twee keer lees.
  • Hy mag probeer om die letters hardop te klank, maar kan dan nie die regte woord s nie. Hy mag die letters "k-a-t" klank, maar dan die woord "koud" s.
  • Die kind mag die letters van 'n woord in die verkeerde orde lees of skryf, soos "snik" in plaas van "niks", of die lettergrepe verkeerd om soos "emelent" in plaas van "element", of woorde in die verkeerde volgorde soos "daar is" in plaas van "is daar".
  • Hy mag woorde spel soos wat hulle klink, soos "sienkie" pleks van "seuntjie".
  • Hy mag met swak begrip lees, of miskien min onthou van wat hy lees.
  • Hy het dikwels n swak of baie stadige handskrif.

Mites

Omdat daar verkeerdelik geglo is dat die brein nie kan verander nie, is daar histories ook geglo dat disleksie, soos alkoholisme, "ongeneeslik" is.

Om bewustheid vir disleksie te kweek het ondersteuningsgroepe die idee verkoop dat vele beroemde mense, onder andere Albert Einstein, dislekties was. Die storie is soveel keer herhaal dat dit vandag as n feit beskou word ten spyte daarvan dat die literatuur dit weerl. Dr Coles, n opvoedkundige sielkundige, wys daarop dat Einstein op die vroe ouderdom van dertien reeds Kant en Darwin gelees het, en dat dit glad nie verteenwoordigend van dislektici is nie.

Nuwe tegnologie bring nuwe insig

Tegnologiese vooruitgang het dit vir wetenskaplikes moontlik gemaak om te sien dat die brein plasties is. Nuwe verbindings of herbedrading tussen neurone kan vorm en die interne struktuur van die bestaande sinapse kan verander. Nuwe neurone word ook voortdurend gebore, veral in die leer- en geheuesentrums.

Soos lankal vermoed, het fMRI-skanderings bevestig dat daar verskille tussen die breine van dislektiese persone en mense wat goed kan lees, bestaan. Die resultate van daaropvolgende studies dui egter daarop dat ons dalk die oorsaak-gevolg verhouding moet omdraai, met ander woorde dat hierdie verskille moontlik nie die oorsaak van leesprobleme is nie, maar wel die gevolg.

Deur gebruik te maak van breinskanderings het neurowetenskaplike Gabrieli aan MIT bevind dat swak lesers van alle IK-vlakke (kinders met en sonder disleksie) beduidend minder breinaktiwiteit as gewone lesers toon, in al ses breinareas wat waargeneem is. Daar was geen verskille in die breine van swak lesers nie, ongeag hulle IK.

n Aanlyn publikasie van die Journal of Neuroscience berig van navorsing waarin die breine van kinders met disleksie vergelyk is met twee ander groepe kinders: n groep van dieselfde ouderdom sonder disleksie en n groep jonger kinders op dieselfde leesvlak as die met disleksie. Die kinders met disleksie het minder grysstof as die groep met dieselfde ouderdom gehad, maar wel dieselfde grysstof as die jonger kinders op dieselfde leesvlak.

Volgens hoofnavorser Krafnick beteken dit dat die anatomiese verskille in die linkerhemisfeer van die brein, n gevolg van die leeservaring van die kinders is, eerder as n oorsaak van disleksie.

Nuwe insig bring nuwe hoop

Edublox se beskouing, gebaseer op die nuutste navorsing, is dat disleksie nie n gestremdheid is nie, maar bloot n onvermo (dis nie n disability nie, maar n inability), en dat dit oorkom kan word as mens die oorsaak daarvan aanspreek. Terwyl daar ander oorsake is, is die mees algemene oorsaak van disleksie dat die vaardighede wat lees en spel ten grondslag l, nie na behore ontwikkel is nie.

Leer vind trappie vir trappie plaas. Jy moet eers een ding kan doen voor jy n volgende kan bemeester. Indien mens n belangrike trappie in die leerproses mis, sal jy nie daartoe in staat wees om daaropvolgende stappe te bemeester nie.

n Praktiese voorbeeld hiervan is die feit dat mens eers moet leer om te tel voor mens kan somme maak. Indien ons probeer om n kind te leer optel en aftrek voor hy kan tel, sal ons vinnig agterkom ons pogings is tevergeefs.

Net so is daar n verskeidenheid vaardighede wat n kind eers moet baasraak, voor hy kan leer lees, anders gaan hy leesprobleme h. By Edublox doen leerders (1.) breinoefeninge om die grondvaardighede waarop lees en spel berus te oefen en te verbeter, en dan word daar ook (2.) aktief aan lees, spel en begrip gewerk.