Een uit elke tien Suid-Afrikaners ly aan ’n graad van disleksie. Dit beteken dat sowat vyfmiljoen mense in skole, en in die werkplek, met hierdie leer- of leesprobleem sukkel. Lees die vrae oor disleksie wat in ‘n radio-onderhoud gestel is aan Susan du Plessis, opvoedkundige spesialis en skrywer van Edublox, en luister na haar antwoorde.
Soms kan ‘n mens ‘n baie praktiese ding doen, soos byvoorbeeld dat ‘n mens die spasiering tussen letters en woorde aanpas vir sulke kinders en dan neem hulle retensievermoë om te lees toe? Is dit waar?
Hardop-lees is vir die kinders ‘n geweldige uitdaging. Hoe moet ons hieroor dink?
As ek agterkom my kind het ‘n probleem, wie is die professionele mense waar ‘n mens by begin om vir jou te help met ‘n diagnose en die pad vorentoe?
Raad vir ouers om vir hulle hoop te gee, vir die wat vanoggend besef hier ‘n pad wat ek met my kind moet stap, wat ek nie gedink het nodig is nie?